“Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal.” – 1 Kor. 15:54.
Ons moet eenvoudig in die werklikheid hiervan leef!
Die opstanding is God se amen op Jesus se offer en die mense se
halleluja op hul verlossing uit die ewige dood.
Karl Barth het aangrypend hieroor geskryf:
“Pase is die verkondiging van ‘n oorwinning wat reeds behaal is.
Die oorlog is verby. Daar is natuurlik nog hier en daar troepe wat
aan die skiet is, maar dit is omdat hulle nog nie gehoor het van die
oorwinning en die oorgawe nie. Die oorlog is gewen, alhoewel die
verloorder nog ‘n paar skuiwe probeer maak. In werklikheid is hy
in skaakmat posisie. Die horlosie het afgeloop. Dit is in hierdie
tussenperiode wat ons leef: Die oue het verbygegaan, kyk,
alles het nuut geword. Die Paasboodskap sê vir ons dat ons
vyande naamlik die dood, en die sonde en die vloek oorwin is.
Op die lange duur kan hulle geen onheil meer teen ons loods nie.
Hulle tree wel nog op asof die oorlog nie gewen is nie.
Daarom moet ons met hulle rekening hou,
maar wesentlik vrees ons hulle nie meer nie.”
Psalm 90 sê in vers 3 ons is maar ‘n stoffie, in vers 5 ‘n grassie,
in vers 9 ‘n gedagtetjie. ‘n Spatseltjie plasma in die heelal!
Ons is flietende sekondes in die ewigheid.
Maar, ons is nié vir God niksseggend en onbeduidend nie!
Ons is God se stoffie, en grassie, en gedagtetjie!
Ons kan net uitroep: Amen! Halleluja!
Ernest