1 Kor. 12:27: “Julle is die liggaam van Christus,
en afsonderlik is elkeen ‘n lid daarvan.”
Vers 27 lees so in The Message:
“You are Christ’s body – that’s who you are!
You must never forget this.”
Moet nooit hierdie wonderlike waarheid vergeet nie.
Jy is deel van die liggaam van Christus. Jý is ‘n lid van
die liggaam van Christus. Die tweede deel van vers 27
beklemtoon dit: “...afsonderlik is elkeen ‘n lid daarvan.”
Dit is een van die mooiste beelde oor die kerk van Jesus
Christus, die gemeente van Jesus Christus. Christus is nie
meer in liggaam in die wêreld nie. Nou gebruik Hy ons as
sy verteenwoordigers. Deur ons gaan Hy na mense toe.
Dit is ook baie prakties. Wanneer Hy ‘n kind wil opvoed,
gebruik Hy ‘n opvoeder. Wanneer Hy iemand wil genees,
gebruik Hy ‘n dokter of verpleër. Wanneer Hy wil hê
iemand moet van Hom hoor, stuur Hy een van sy kinders, ons,
om te vertel en om te gee en te versorg. So dra ons gelyke sorg
vir mekaar – Vers 25. En as een lid ly, ly al die lede saam, en
word een geëer, is almal saam bly – vers 26.
Ons is aanmekaar verbind as liggaam van Christus.
So moet dit in die kerk van die Here wees.
As die liggaam van Christus moet ons uitreik na almal.
Net soos Jesus gedoen het. Dit is hoe God se genade deur ons
wil werk.
‘n Kapelaan het in die Eerste Wêreldoorlog op ‘n sterwende
soldaat afgekom. “Mag ek vir jou bid?”, het die kapelaan vir
die soldaat gevra. Toe hy die kruis om die kapelaan se nek sien
hang, het die soldaat gesê: “Maar Vader, ek is nie lidmaat van
jou kerk nie.” Die kapelaan het geantwoord:
“Maar die belangrikste van alles is; jy behoort wel aan my God!”
Hy het vir die soldaat gebid. In die kerk van die Here Jesus word
almal versorg. Enige iemand is welkom.
Ons, elkeen van ons, sal hulle met die liefde van die Here versorg.
En jý is ook afsonderlik deel daarvan, sê Jesus.
Ernest