Romeine 2:20-21: “...hoe meer die sonde geword het,
hoe oorvloediger het die genade geword. Die doel was dat,
soos die sonde deur die dood heerskappy gevoer het, die
genade deur die vryspraak ook heerskappy kan voer en tot
die ewige lewe kan lei deur Jesus Christus ons Here.”
Het genade al jou lewe totaal verander? Word jou lewe gekenmerk
deur die oorvloed genade van God, of deur ‘n geestelike skaarste?
Lééf jy? In oorvloed!

Daar word die verhaal vertel van ‘n Romeinse soldaat wat by Julius
Caesar gekom het om vir die keiser te vra of hy mag selfdood pleeg.
Dit was ‘n mismoedige soldaat sonder enige lewensenergie.
Die keiser het hom aangekyk en gevra: “Het jy ooit al regtig gelééf?”

Genade is veel groter en veel meer as sonde en word regtig gelééf!
Jesus het aan die kruis vir ons gesterf om aan ons ‘n nuwe begin te
Gee, uit die genade van God. Vir kinders van die Here is die vertaling
volgens The Message van Romeine 5:20-21 regtig kostelik en waar:
“...but sin didn’t, and doesn’t, have a chance in competition with the
agressive forgiveness we call grace. When it’s sin versus grace, grace
wins hands down. All sin can do is threaten us with death, and that’s
the end of it. Grace, because God is putting everything together again
through the Messiah, invites us into life – a life that goes on and on
and on, world without end.”

Dit is die kern van die evangelie. Hierdie genade van God kan jy nie
opgebruik nie. Johannes 1:16 sê tog: “Uit sy oorvloed het ons almal
genade op genade ontvang.” Kinders van God is skatryk.
Leef uit hierdie oorvloed van genade wat jy elke dag van God ontvang.
Leef in die oorvloed van God se genade. Moenie geestelik arm lewe nie.
Anne Lamont het gesê: “Ek verstaan nie die misterie van genade nie,
behalwe dat genade ons ontmoet waar ons is, maar ons nie los waar
dit ons gevind het nie.” Genade, God se genade, het jou totaal verander!
Daarom vind genade uitdrukking in die lewe self, anders is dit nie genade
nie. Lééf doelbewus God se genade uit in jou lewe!

Ernest