Vergifnis maak die een wat vergewe heel eerste vry!
Jy is vergewe om ander te vergewe. Dit is ‘n geskenk van God
aan jou om uit te deel. ‘n Christen moet selfs sy vyande liefhê!
Sha-Ling Mei skryf: “A small new thought came to me today.
Forgiveness sees not the enormity of the deed, but the enormity
of the need to be forgiven. We should never say: “That sin is too
big to be forgiven”. Rather we should say: “That sin needs more
than ever to be forgiven.” Dan gebruik sy die voorbeeld van ‘n kind
wat inkom van buite af en heeltemal vuil gespeel is, hande, gesig, alles.
Ons sal nie sê: “Jy is te vuil om gewas te word nie!” Ons sê: “Meer as
enige iets anders is dit nodig dat jy nou gewas word!” Dit is hoe God
met ons maak as ons “vuil” in sy teenwoordigheid kom.

Ons hou van die idee van ‘n God wat vergewe. Maar nie as dit van ons
vereis om ons eie lewe te verander nie. Vergifnis word iets wat ons eis,
maar ons slaag so moeilik daarin om dit in ons eie lewe uit te leef.
Ons gee mense oor aan die genade van God, maar sukkel om self
genade te bewys.

Wanneer ons egter vergewe laat ons ‘n gevangene vry, en ons ontdek
dat daardie gevangene onsself is. “Petrus het na Jesus toe gekom en gevra:
“Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerd teen my
doen? Selfs sewe keer? Jesus antwoord hom: “Ek sê vir jou, nie sewe keer nie,
maal selfs sewentig maal sewe keer.”

Dit is emosioneel veel goedkoper om te vergewe as om te haat.
Vergifnis spaar ons die duur prys van bitterheid. Dit spaar ons die verleentheid
van woede, en die vermorsing van kosbare kragte. Paul Tournier het gesê:
“Waaragtige vergifnis is die heel moeilikste ding in die heelal. ‘n Mens moet ‘n
psigoterapeut wees om werklik te weet hoe moeilik mense mekaar vergewe.”
Daarom is dit so belangrik om hieroor by die Here te gaan sit en te vra dat Hy
jou help met vergifnis. Laat die Here jou help om ander vry te maak,
en so self vry te kom! Deur vergifnis!

Ernest