“Elkeen dan wat hierdie woorde van my hoor en daarvolgens handel,
kan vergelyk word met ‘n verstandige man wat sy huis op rots gebou het.
Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen die huis
gewaai en daaraan geruk, en tog het dit nie ingestort nie, want die
fondament was op rots. En elkeen wat hierdie woorde van My hoor en
nie daarvolgens handel nie, kan vergelyk word met ‘n dwaas wat sy huis
op sand gebou het. Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom,
winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en die huis het
ingestort en is heeltemal verwoes.” – Matteus 7:24-27.
Jesus sluit die bergrede met hierdie vergelyking af. Jesus wil sien hoe
die bergrede mense se lewens verander en hulle daarvolgens lewe.
Jesus wil met bogenoemde verse en hierdie vergelyking sê:
Doen wat Ek gesê het.
Moenie oor moontlikheid of onmoontlikheid van my woorde
bespiegel nie.
Moenie in teologiese redenasies verstrengel raak nie.
Moenie gerieflikheidshalwe “genade en werke” teenoor mekaar
afspeel nie.
Doen wat Ek gesê het. Bou só jou huis op rots.
Moenie dink daaroor dat dit intens is en dat jy dit nie gaan
regkry nie.
Die Here gaan jou daarin dra en help as jy jou aan Hom toewy
en Hom met oorgawe dien.
Die Here se genade is groot en ryk. Hy sal ons van die krag en
toewyding voorsien om Jesus se woorde te doen.
As jy vir Jesus kies, kies jy ook vir sy woorde! Anders kies jy maar
vir jouself. Jou erns met jou keuse vir Jesus, die opregtheid van
jou keuse, word in ‘n nuwe lewe vir die Here bewys. Dit is nie nodig
om moedeloos te raak wanneer jy jouself meet teen die bergrede,
en agterkom hoe ver jy tekort skiet nie.
Dit bring ons juis by die sleutel vers van die bergrede:
“Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is...”
Psalm 37:24 sê daarom: “As so iemand val, bly hy nie lê nie,
want die Here help hom op.”
Die bergrede moet jou inspireer! Dit bring jou in beweging.
Dit laat geestelike adrenalien deur jou are vloei.
Dit maak jou ‘n dader van Jesus se woorde.
Ernest