Romeine 12:2: “...laat God julle verander deur julle denke te vernuwe...”
The Message vertaal Rom. 12:2 so: “Embracing what God does for you is
the best thing you can do for him. Don’t became so well adjusted to your
culture that you fit into it without even thinking. Instead, fix your attention
on God...Unlike the culture around you, always dragging you down to its
level of immaturity, God brings the best out of you...”

Veranderende mense, wat deurlopend toelaat dat God hulle verander deur
hulle denke te vernuwe, het veral vyf riglyne waarvolgens hulle optree:

Eerstens: Hulle gee hulleself daagliks as ‘n offer aan God. Rom. 12:1 beklemtoon dit:
“Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is
die wesentlike van die godsdiens wat julle moet beoefen.” Let op: Dit is die wesentlike!
Jy bid as’t ware elke dag: “Hier is ek Here. Verander my.” Daar waar ons onsself offer
en “niks” is nie, dáár vind verandering plaas!

Tweedens: Leef eenvoudig voor die Here. Leef eenvoudig! Leef so in eenvoud voor
die Here en mense dat jy dit vir hulle maklik maak om in die Here te glo. Moenie die
lewe ingewikkeld maak nie. Wys met jou lewe dit gaan uiteindelik om die Here en sy
koninkryk. ‘n Amerikaanse leraar het gereeld aan sy gemeente gesê: “It’s all about Jesus.”

Derdens: Ons is almal verskillend van mekaar. Ons glo verskillend, leef verskillend, maar,
almal is spesiaal vir God! Ons moet Jesus volg! Moenie soos ander mense probeer wees nie.
Moet ook nie ander mense subtiel forseer om soos jy te wees of te doen nie. Lei mense om
soos Jesus te leef. Fokus hulle op Hom! Susan Yates het gesê: “Always allow God the privilege
of working in another’s life differently from the way God has in your own.” Ons werk in die
koninkryk van God met mekaar op die “dien-dien” beginsel wat lei tot ‘n “wen-wen” situasie.
Al God se kinders is ewe belangrik. As ons nie so kan werk nie, is daar ‘n “no-deal”.
Anders konformeer ons! Romeine 12:2 sê uitdruklik: Moenie konformeer nie!

Vierdens: Veranderende mense getuig graag met hulle hele lewe vir Jesus. Want Hy is ons
hele lewe! Hy verander ons om die beste na vore te bring. By Hom lê die krag om jou ten
volle jouself te laat word soos God bedoel het jy moet wees. Jenny vra in Forest Gump vir
Forest: “Wat wil jy word wanneer jy groot is?” Forest antwoord: “Kan ek nie net ek wees nie?”
Word wie God jou bedoel om te wees tot sy eer! Moenie konformeer nie!

Vyfdens: Tree proaktief op. Jy kan elke negatiwiteit hokslaan deur proaktief op te tree.
Ons kan soms niks doen aan die negatiewe dinge wat met ons gebeur nie. Maar jy het verseker
die keuse hoe jy daarop reageer! Jy kan soos ‘n slagoffer reageer, of jy kan proaktief optree.
Jy kan in selfbejammering verval, of jy kan besluit dit sal jou nie onderkry nie. Jy gaan terugveg
en aangaan met jou lewe. Viktor Frankl, wat die konsentrasiekampe in Duitsland in die Tweede
Wêreldoorlog oorleef het, skryf treffend hieroor in sy boek “Man’s Search For Meaning” die
volgende: “Forces beyond your control can take away everything you possess exept one thing,
your freedom to choose how you will respond to the situation. You cannot control what happens
to you in life, but you can always control what you will feel and do about what happens to you.”
Lees weer hierdie waarheid. Laat God jou verander deur jou denke te vernuwe!

Ernest