Die Nuwe Lewende Vertaling vertaal Levitikus 26:13 s��:
"Ek, die Here, is julle God wat julle uit Egipte gebring het,
sodat julle nie langer meer slawe hoef te wees nie.
Ek het die juk van slawerny van julle nekke afgehaal,
sodat julle vry kan wees, en kop omhoog kan loop."

Levitikus is regtig 'n fassinerende boek.
Die beeld van 'n gebreekte juk word hier gebruik.
Daar staan letterlik in die Hebreeus dat die Here die juk gebreek het!
Ons is werklik vrygemaak!
God het letterlik die Israeliete uit Egipte bevry, waar hulle slawe was.
Eeue lank het hulle onder swaar juk gelewe.
Toe bevry God hulle!
Skielik kon hulle waardig en regop stap, en kop omhoog hou!
Soos God dit vir ons bedoel.

In Johannes 8:34 lees ons:
"Elkeen wat sonde doen, is 'n slaaf van die sonde."
En dan in Galasiërs 4:7:
"Jy is dus nie meer 'n slaaf nie;
Jy is nou 'n kind van God."
Die juk is af.
Jy kan regop loop in die Here, en vry beweeg!
Jou waardigheid is in Hom.
Jy kan kop omhoog loop.
Leéf!!

Ernest