Kolossense 1:13: “”Hy het ons uit die mag van die duisternis
weggeruk en ons onder die heerskappy van sy Seun gestel
wat Hy liefhet.”
God het vir Jesus aarde toe gestuur om sondaars te red.
Hy is die enigste Verlosser van mense. Net Jesus kan ons red
voordat ons vir altyd in die doderyk beland. Daarom het Hy
tydens sy aardse bediening so baie tyd tussen sondaars
deurgebring. Mense met wie jy nie gesien wou wees nie!
Daarom het die hoogheilige godsdienstiges niks daarvan
gehou nie. Vir hulle is godsdiens juis om jou so ver as moontlik
van elke sondaar te distansieer. Jy moet net mooi niks met hulle
te doen hê nie, want hulle besoedel jou net met hulle teenwoordigheid.
Vandag nog gaan mense gemaklik kerk toe, maar gaan “meng” nie met
mense om getuies te wees nie. Elkeen vir homself... Jesus gee sy lewe vir
mense wat Hom vloek en slaan, Hom spot en Hom doodmaak. Jesus is God
se pad om sondaars te red.
God wys in Christus hoe lief Hy ons het, deur ons aan die kruis uit die
duisternis te ruk tot die wonderbare lig! God red mense soos ons! Daarna
verander Hy ons vir altyd! Ons is nie langer verlore sondaars en God se
vyande nie! Ons is vir altyd weggeruk uit die kloue van die dood. God het
ons hellevaart gekeer. Loof sy heilige Naam in hierdie Kersgety daarvoor!
Ernest