Paulus sê hierdie merkwaardige woorde in 1 Korintiërs 4:9-10:
“Dit lyk vir my God het aan ons, die apostels,
die laaste plek in die ry gegee,
asof ons mense is wat tot die dood in die arena veroordeel is.
Ons het ‘n skouspel geword vir die wêreld,
vir engele sowel as vir mense.”
En dan sê hy hierdie woorde:
“Ons is dwaas ter wille van Christus.”

Die NIV vertaal dit so:
“We are fools for Christ.”

Die wêreld beskou ons dikwels as dwaas,
omdat ons vir Jesus Christus leef!

Gedurende die Tweede Wêreldoorlog wys ‘n tekenprent
hoe ‘n soldaat soos ‘n dwaas tussen koeëls en bomme deurjaag met sy Jeep.
Op die oog af lyk die man gek.
Maar in die volgende prentjie sien jy dat hy
‘n swaar gewonde medesoldaat op sy Jeep het.
Skielik kry die vorige prentjie ‘n ander betekenis.
Hierdie soldaat was besig om sy lewe op die spel te plaas vir ‘n ander soldaat!
Wat dwaas lyk, maak sin as jy die volle prentjie het!

Ons is ook dwaas ter wille van Christus!
The Message vertaal bogenoemde teks so:
“It seems to me that God has put us who bears his message
on stage in a theatre in which no one wants to buy a ticket.
We’re something everyone stands around and stares at,
like an accident in the street.
We’re the Messiah’s misfits.”

Ons is dwaas ter wille van Christus…..
Dwaas…… in die oë van die wêreld.

Ernest