Die lewe is lag, en huil. Leef die hele lewe voluit. Lag met oorgawe.
Huil ook met oorgawe. Ons kan so krities wees ten opsigte van die lewe,
dat ons nie voluit lewe nie. Ons vind hieroor 'n interessante teks waar
Jesus sę: "Ons het vir julle op die fluit gespeel, en julle het nie gedans
nie!
Ons het 'n treurlied gesing en julle het nie gehuil nie!" - Lukas 7:32.
Jesus praat hier oor die mense se reaksie op die prediking van Johannes
die Doper. Hy sę in vers 29 al die mense het na hom geluister, en was aan
die wil van God gehoorsaam. Vers 30 sę dan: "Net die Fariseërs en die
wetgeleerdes het die bedoeling van God verwerp en hulle nie deur
Johannes laat doop nie."
Jesus reageer ten opsigte van hierdie uiters godsdienstige mense wat
eintlik met alles fout vind, na alle kante toe. Hulle dans nie, en hulle
huil
ook nie... Eintlik lééf hulle nie. Hulle godsdiens maak hulle dood. Jesus
sę
van hulle in verse 33-34: "Johannes die Doper het gekom en nie brood
geëet of wyn gedrink nie, en julle sę: "Hy is van die duiwel besete."
Die Seun van die mens het gekom, geëet en gedrink, en julle sę:
"Kyk daar, 'n vraat en 'n wynsuiper, 'n vriend van tollenaars en
sondaars."
Jesus maak hiermee duidelik dat die Fariseërs en wetgeleerdes nie
geweet het wat hulle wou "speel" of wil hę nie. Toe Johannes die Doper
gekom het, het hulle gesę hy is 'n askeet, te ernstig, en sy lied te
treurig.
Hy is van die duiwel besete. Maar toe Jesus kom en Hy leef saam met al
die mense, en is selfs by feeste, soos die bruilof waar Hy water in wyn
verander, toe is Hy weer te vrolik! Te losbandig. 'n Vraat en 'n
wynsuiper,
'n vriend van tollenaars en sondaars. Dus, sę Jesus: wát wil julle hę,
behalwe om op die kantlyn van die lewe te sit en te kritiseer?
Julle dans nie, en julle huil ook nie. Julle leef nie!
Dit gaan dikwels vandag nog so. Daar is baie kritiek van die
"godsdienstiges", dat ons "te ernstig" is, of "te vrolik", maar min wil
betrokke raak en ten minste vir 'n arm kind 'n brood gee, of 'n uitbundige
lied van vreugde sing omdat ons lééf. Neem maar vir Paulus. Hy is 'n
voorbeeld van iemand wat met God in alles "saamgespeel" het.
Wanneer die fluite vrolik gespeel het, het hy in volle vreugde van die
liefde van Christus gedans. Wanneer die fluite van swaarkry en smart
gespeel het, het hy daarin berusting gevind dat hy in die lyding van
Christus moes deel. Hy het getreur, maar altyd met hoop.
Die musiek het nie stil geword nie. God hou nooit op om die musiek
van die lewe te speel nie. Soms fluit-speel Hy vir ons 'n vrolike lied van
diens en die geniet van elke dag! Soms roep Hy ons tot besinning met
treurliedere wat ons laat huil oor swaar in die lewe. Maar nie sonder
God se hoop nie! Die lewe is afwisseling van vreugde en smart. Soms
is ons saam met Jesus by die bruilof. Soms saam met Paulus in die tronk.
Maar altyd speel God se musiek van die lewe. Soms roerend van emosie.
Ander kere borrelend van blydskap. Luister daarna! Hy leef!
En ons lééf saam met Hom!
Ernest