Die skip waarop Paulus gevange gehou is, was op pad na Rome.
Maar dan lees ons hoe ‘n hewige storm hulle op die eiland Malta laat strand.
Dit was dan juis hier waar Paulus die geleentheid kry
om die liefde en gasvryheid van die eilandbewoners te ervaar.
So kan hy dan ook iets van die Here en homself met hulle deel.
Eers hierna het die Here die skip weer verder laat vaar.
Lees hierdie verhaal in Handelinge 27 en 28.

Ons beweeg dikwels soos skepe in die nag by mekaar verby.
Geruisloos, steurloos, omgeeloos.
Elkeen gefokus op sy eie missie en bestemming.
Onbewus van mekaar se hart, nood en behoeftes.
En dit terwyl ons mekaar so nodig het.
En so mis ons die doel van God met ons op aarde:
Om sy liefde uit te leef, uit te deel.

Ons moet anker gooi by mekaar.
Ons moet mekaar in die oë kyk en mekaar se hart hoor.
Ons moet iets van mekaar se lewe probeer verstaan.
So kan ons mekaar se laste dra.
Iets wat nie ‘n keuse is nie, terloops…
Galasiërs sê tog in 5:2:
“Dra mekaar se laste,
en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus.”
Dit is ‘n opdrag!

In die gee van onsself vind ons weer sin in die lewe.
Jesus sê in Lukas 10:37:
“Word ‘n medemens vir elkeen met wie jy elke dag te doen het,
maak nie saak wie of wat hulle is nie…”

Ernest