"Om ons dae reg te tel,
leer ons dit,
en laat ons (op hierdie manier),
'n hart van wysheid kry".
Psalm 90:12
Op sy oudag bid Moses hierdie Psalm.
Vir die eerste veertig jaar van sy lewe
het hy gemaklik in die Farao se huishouding geleef.
Hy het waarskynlik planne gemaak om sy invloed te gebruik
om sy volk van slawerny te verlos.
Na 40 jaar moes hy Egipte vlug.
Hy het nooit by sy planne uitgekom nie.
Vir die volgende 40 jaar was hy weg van Egipte af,
weg van enige invloed wat hy kon gehad het.
Sy hande was afgekap.
Tot God hom op die ouderdom van 80 terug gestuur het...
Vir die laaste 40 van sy lewe jaar moes hy die volk lei.
Hy het al gesien hoe lei hy die volk die beloofde land binne.
'n Reis wat net 'n paar weke moes neem,
het net langer en langer geword.
Een ding na die ander het voorgeval.
Weke het maande geword,
maande het jare geword.
Moses het net nooit by sy planne uitgekom nie.
Hy besef dat die volk die beloofde land,
nie in sy leeftyd nog gaan binnegaan nie.
Moses kon maklik hier moedeloos geword het,
maar die Here het perspektief gegee.
Hy het tot die besef gekom dat
een dag vir die Here soos 'n duisend jaar is.
En dat 'n duisend jaar vir Hom, soos een dag is (v4).
Moses het besef dat mense se bydra wel klein is,
maar dat God dit op die lang duur vir iets baie groter kan gebruik.
Hy het besef dat "onderbrekings",
so frustrerend as wat dit ook kan wees,
uiteindelik ook in hierdie "groter plan" gebruik word.
Ons tyd is beperk.
Ons kom nie by al ons planne uit nie.
Ons lewe gaan verby,
en ons het nie alles bereik wat ons gedink het ons moes nie.
Ons kan net so baie doen!
En daar is so min tyd oor om dit mee te doen.
Maar God doen meer!
Sy tyd is nie beperk nie.
Alles wat ons doen,
ook die "onderbrekings",
kan Hy gebruik in Sy planne,
vir Sy doel.
Ashton