"Naby is die Here
aan dié wat se hart gebreek is.
En dié wat se gees verpletter is?
Die Here red hulle!"
(Psalm 34:19)

Kyk, Dawid was 'n ou wat gereeld in die moeilikheid was.
Hy het die onmoontlikste omstandighede oorleef.
Dis 'n absolute wonder dat hy van ouderdom dood is.
Hy moes besef dat daar iets bo-natuurlik aangaan.

Dawid was juis weer in 'n onmoontlike situasie
toe hy hierdie Psalm skryf.
Hy moes skuiling gaan soek by die Filistyne,
dieselfde Filistyne waarvan hy honderde doodgemaak het op die slagveld.
Dit was vir hom 'n beter opsie as om in sy eie land te wees,
waar sy koning,
wat een sy vriend was,
hom wil vermoor.

Dawid was bang en hartseer,
en hy het goeie rede gehad om hoop op te gee.
Maar hy loop nou al lank genoeg hierdie pad,
om te besef dat die Here op 'n besondere manier teenwoordig is
by dié wie se hart gebreek is,
wie gees verpletter is,
wat geen meer uitweg het nie.
Hy weet dat die Here naby is in sulke situasies.
Hy weet die Here red!

Daarom is hy nie bang om by die Filistyne te skuil nie.
Daarom geluk sy plan om te maak of hy kranksinnig is.
Daarom is hy nie sonder hoop nie!

Dink terug!
Hoeveel keer was ons nie al hartgebroke en verpletter nie?
Was die Here nie toe naby ons nie?
Het die Here ons nie toe gered nie?
Sal Hy dit nie weer doen nie?

"Baie is die rampe wat die regverdige tref,
maar uit elkeen van hulle,
trek die Here hom uit."
(Psalm 34:20)

Ashton