"Die broederliefde moet bly.
Vergeet die gasvryheid nie,
want daardeur het sommige,
sonder om dit te weet,
engele as gaste geherberg."
(Heb 13:1-2)

In die Grieks is hier 'n woordspeling wat in Afrikaans verlore gaan.
Die woord vir broederliefde is "Philadelfia"
Die woord vir gasvryheid is "Philoxenia",
wat letterlik "vreemdeling-liefde" beteken.

Die skrywer sê dus:
"Dit is mooi dat julle (die gemeente) lief is vir mekaar,
en ook vir die mense wat julle baie goed ken.
Hierdie liefde moet voortgaan,
maar dieselfde liefde moet ook uitgaan
na mense wat julle nie goed ken nie;
na vreemdelinge wat onverwags oor julle pad kom!"

Na die mense wat ons voorkeer by die winkelsentrum;
Na die mede-motoriste op die pad;
Na die vreemdelinge wat ons "cold-call"
om versekering aan ons te verkoop;

Enige een van hierdie mense kan 'n engel wees.
Geen een van hierdie mense het oor ons pad gekom,
sonder dat die Here dit nie so bestem het nie.
Elke een van hierdie mense is,
soos ek en jy,
'n kind van God!

Ashton