"Want, sê hulle:
'Sy briewe en gewigtig en streng,
maar sy persoonlike teenwoordigheid is swak,
en sy woorde is niks werd nie'"
(2 Kor 10:10)

In Paulus se afwesigheid het daar dwaalleraars in Korinte aangekom.
Hulle wil die gemeente oortuig dat Paulus vals is.
Hulle wys daarop dat wanneer hy by hulle is,
is hy 'n "softy".
Hy gebruik sagte taal,
En sy argumente is nie besonders intelligent nie.
Maar wanneer hy vir hulle briewe skryf,
spreek hy hulle hard aan,
dan praat hy met gesag.

Paulus verduidelik dat harde en sagte woorde
nie mekaar hoef te weerspreek nie.
Hy het nie 'n agenda daarmee nie.
Die Here gebruik beide sagte en harde woorde om Sy gemeente op te bou.
Sagte woorde om te bemoedig,
en harde woorde om ongehoorsaamheid aan te spreek.
(2Kor 10:5-6)

Daar is 'n wanpersepsie dat gelowiges
altyd sag moet werk met mense,
om konflik moet vermy.
Ander dink weer gelowiges moet hard en puntenerig wees,
en so God se orde handhaaf.

Daar is 'n tyd en 'n plek vir alles.
Sommige situasies eis dat ons hard en streng is met mense,
om hulle op te bou.
Ander situasies eis dat ons sag en bemoedigend is teenoor mense,
om hulle op te bou.
Dit eis wysheid en empatie,
om die regte woord op die regte tyd te gebruik.

"Appels van goud in rame van silwer,
so is woorde gespreek op die regte tyd"
(Spr 25:11)

Ashton