"Kyk,
die hand van die Here is nie te kort om te help nie,
en sy oor is nie te swaar om te hoor nie."
(Jes 59:1)

Barmhartigheid is eintlik 'n lelike woord.
Dit kom van 'n ou Nederlandse woord "erbarmen" af,
wat beteken "om iemand jammer te kry".
Dit wys op 'n gevoel of gesindheid teenoor 'n ander mens.

Die Hebreërs van die Ou-Testament
het 'n beter woord gehad
om na God se gesindheid teenoor hulle te verwys:
"gesed".

God se "gesed" word in die bostaande vers beskryf.
Dit is:
die *bereidwilligheid* om te help,
die *bereidwilligheid* om te luister.

Hierdie barmhartigheid is nie 'n gevoel nie,
maar 'n bereidwilligheid,
'n aksie.

Elke keer wanneer iemand in nood,
oor ons pad kom,
moet ons onsself afvra:
"Is my hand te kort om te help?
Is my oor te swaar om te hoor?"
Indien nie,
dan het ons "gesed",
dan is ons barmhartig.

Dan sê ons saam met Stephen Grellet:
"I shall pass through this world but once.
Any good, therefore, that I can do
or any kindness I can show to any human being,
let me do it now.
Let me not defer or neglect it,
for I shall not pass this way again."

"Wees dan barmhartig,
soos julle Vader barmhartig is"
(Luk 6:36)

Ashton