"O die diepte
van die rykdom
en van die wysheid
en van die kennis
van God!
Hoe onverstaanbaar
is sy besluite
en onbegryplik
is sy weë?
Want wie ken die gedagtes van die Here?
En wie het Sy raadgewer geword?"
(Rom 11:33-34)
Die Griekse woord "doxa" het aanvanklik beteken:
"verwagting" of "oortuiging".
Later het dit verwys na 'n persoon se reputasie -
d.i. die dinge wat mense van daardie persoon verwag.
Nog later het dit verwys na 'n persoon se "eer" -
sy goeie reputasie.
Paradoks is 'n samestelling tussen:
"para" = "teenoorstaande"
en "doxa" = "verwagting" of "oortuiging".
Dit is om twee weersprekende verwagtings of oortuigings ter selfde tyd te hê.
Die Bybel is vol paradokse!
Die Here kry nooit spuit oor iets wat Hy doen nie (1Sam 15:27)
Die Here is spuit omdat Hy die mensdom gemaak het (Gen 6:6)
Moabiete tot in die 10de geslag, mag nie deel van Israel word nie (Deut 23:4)
God kies Dawid, 'n 4de geslag Moabiet, om koning te wees oor Israel (Rut 4:17)
Slegs geloof, en nie dade nie, kan ons red (Rom 3:28)
Geloof sonder dade is dood (Jak 2:26)
Ons God is 'n God van paradoks:
'n God met 'n "weersprekende" reputasie:
Regverdig en genadig.
Ver en naby.
Toeganklik en misterieus.
Ons kan dit eenvoudig nie verstaan nie!
Want 'n God wat in ons verstand pas,
moet noodwendig kleiner wees as ons verstand.
Ons God is groter,
veel, veel groter!
Ashton