"Want ek getuig van hulle
dat hulle 'n ywer vir God het,
maar nie uit insig nie"
(Rom 10:2)
Paulus se grootse opponente
was ook die mense vir wie hy die liefste was -
sy eie volksgenote.
Hy kan getuig van hulle ywer vir die Here.
Hulle ken hulle Bybels baie goed,
en niks of niemand gaan hulle weg laat draai
van wat hulle "weet" waar is nie.
So beroemenswaardig as wat dit mag wees,
maak hulle ywer hulle blind!
Hulle is so passievol oor God se beloftes aan Israel,
dat hulle nie God se passie vir die res van die wêreld sien nie.
Hulle is so passievol oor hul eie prediking,
dat hulle nie kan raaksien hoeveel mense God vind,
sonder dat hulle ooit daardie preke gehoor het nie!
Hulle is so oortuig dat hulle die regte ding doen,
dat hulle hulself uiteindelik skade aandoen.
Ons almal ken sulke mense -
mense met 'n hardkoppige ywer vir die Here!
Hulle werk hard aan wat hulle glo reg is.
Hulle spandeer baie geld aan godsdienstige projekte
en geen amper alles wat hulle het aan 'n kerk.
Hulle stry vir hulle oortuigings,
en word kwaad vir jou as jy enigiets daarteen sê.
Maar in al hulle ywer,
kyk hulle heeltemal mis wat die Here doen.
Hoe vrylik die Here gee!
Hoe hul ywer eintlik nie nodig is nie.
Dit maak Paulus baie hartseer,
maar Hy weet ook dat die Here nie hierdie mense
aan hul eie genade oorlaat nie.
Die Here verander hardkoppige ywer (Grieks: Zêlon)
na verlangende jaloesie (Grieks: Parazêlon) (Rom 10:19)
Wanneer hardkoppige mense God se teenwoordigheid
in ons lewens raaksien -
Sy seën,
Sy vrede,
Sy genade
- dan verander hulle passie van iets wat hulle dink hulle het,
na iets wat hulle sien ons het
- dan ontvang hulle ook die goedheid en genade
van ons Here.
Ashton