"ek sal my geen slaap gun nie,
en sal nie eens insluimer nie,
totdat ek ’n plek vir die Here
gereed gemaak het,
’n woning
vir die magtige God van Jakob!”
(Psalm 132:4-5)

Dawid het nie juis 'n maklike lewe gehad nie.
Hy moes voortdurend militêre veldtogte voer,
en afweer.
Hy moes voortdurend politiese opponente uitoorlê,
en homself verdedig teen hulle.
Hy moes voortdurend met sy eie familie baklei,
selfs teen 'n seun wat hom wil dood maak.

Sekerlik op sy oudag kan hy nou maak rus!?
Hy verdien dit!
Maar hy gun homself nie daardie rus nie.
Die Here het nog nie 'n huis nie!
En hoewel Hy weet dat die Here sy Seun gekies het
om die tempel te bou,
gun hy homself nie rus totdat al die voorbereidings getref is nie.

Psalm 132 is geskryf eeue na Dawid se dood.
Dit was waarskynlik gesing deur pelgrims wat na Jerusalem reis.
Hierdie pelgrims is dankbaar dat hulle 'n aanbiddingsplek het.
Hulle dink terug aan Dawid se harde werk,
sy slapelose nagte,
en besef dat die tempel nooit sonder dit sou bestaan nie.

So baie van wat ons het,
het ons as gevolg van ander se opoffering,
hul slapelose nagte.
Baie van daardie mense het nooit eens
die vrug van hul eie werk gesien nie.
Dink aan die skole,
die kerkgeboue,
die spoorweë,
die howe -
alles wat deur die knap werk
van ons voorgangers tot stand gekom het.

Die take wat ons self moet aanpak;
die slapelose nagte wat ons opsit om ons kinders te help;
die moeite wat ons vir ons vriende en kollegas doen;
die ekstra myl wat ons vir ons gemeente loop -
dít sal ook uiteindelik vrug dra.

Rus is heilig,
en ons moet dit ernstig opneem.
Maar die take wat die Here vir ons gee,
eis dikwels slapelose nagte.
Laat ons volhard!
Laat ons doen wat nodig is!
Daarna kan ons rus.

Ashton