Kosteberekening
"Want wie van julle wat ’n toring wil bou,
gaan nie eers sit en die koste bereken,
of hy die middele het om dit uit te voer nie? —
sodat as hy die fondament gelê het
en nie in staat is om dit te voltooi nie,
almal wat dit sien, nie miskien met hom sal begin spot
en sê:
Hierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie."
(Luk 14:28-30)
Soms tref die inspirasie ons.
êrens kry ons energie
en ons pak een projek na die ander aan.
En dan tref die realiteit,
en ons besef ons het nie genoeg geld, energie of tyd
om alles wat ons aangepak het,
te voltooi nie.
En so is daar half-geboude meubels in ons werkwinkel;
half-geleesde boeke in ons boekrak;
half-geskryfde boeke op ons rekenaars.
Die probleem is dat die ywer waarmee ons begin het,
nie hou nie.
Dit is nie genoeg om ons regdeur die projek te dra nie.
Dit gaan weg die oomblik wat ons sien
wat die projek van ons eis.
Die oplossing is om eers goeie beplanning
en kosteberekening te doen.
Dan kan ons óf besluit dat die taak te groot is om aan te pak,
voor ons geld en energie daarop mors,
óf ons berei voor vir die koste,
sodat ons nie mismoedig word wanneer ons dit moet betaal nie.
Christenskap eis baie van ons:
Ons gaan ongewild wees onder vriende en familie,
Die wêreld gaan vyandig teenoor ons wees,
Ons gaan mense dien,
wat dit nie gaan waardeer nie,
en selfs ons agter-af gaan haat daarvoor.
Ons sal geldmaakgeleenthede moet weier -
as dit teen God se wil gaan.
Christenskap eis soms dat ons ons eiendom verloor,
ons vriende verloor,
selfs ons lewe verloor.
Ons kan daarom nie net op die ingewing van die oomblik besluit "om ons harte vir die Here te gee" nie.
Ons kan nie opstaan na 'n begeesterende preek,
en sê "nou is ek gereed" nie.
So 'n besluit,
eis kosteberekening.
Maar as ons die stryd aandurf,
en die prys betaal,
sal ons eendag saam met Jesus kan sê:
"dit is volbring".
Ashton