Voor sy Damaskus bekering was Paulus regtig ‘n heethoof.
Hy het baie stukkende mense op sy pad agtergelaat.
Hy het ‘n verlede gehad van gelowiges te vervolg.
Kort-kort was daar ook spanning in verskillende gemeentes.
Geen wonder hy skryf dikwels oor verhoudings nie.

In Romeine 12 skryf hy dat niemand voortdurend lief kan hê,
sonder om jouself as lewende en heilige offer aan God te gee nie.
Net dan sal jou denkpatrone en gedrag so verander,
dat jy God se liefde kan uitleef.

Daarom kry ons hierdie woord in Romeine 12:9: “Moenie veins dat jy ander liefhet nie; doen dit uit jou hart.”

Verhoudings bly eenvoudig ‘n brose ding.
Ons trap so maklik op mekaar se harte.
Dikwels onnadenkend en onskuldig.
Ander kere klim ons pens en pootjies in iemand se hart in,
met kwaad, ongeduld, trots, moedswilligheid of wraak.
Ons maak mense selfs doelbewus seer.

Hoe kan ek minder “ek” wees,
en meer “Gees-van-God” word?
Deur myself eenvoudig ondergeskik aan God se wil te stel.
Ek moet toelaat dat hy my selfgesetreerdheid wegneem.

Heilige Gees vervuld, kan ek nie meer op ander trap nie.
Hulle word belangriker as ek, en my ego.
Die Gees vorm dan my denke.
Die Gees rig my woorde en optrede.
Deur my optrede kan mense om my groei en floreer.
Mense om my leef, en ek leef saam met hulle,
vir die Here!

Ernest