‘n Eend wat met ‘n pyl raakgeskiet is, het lank daarmee saamgeleef.
Die eend is dikwels in vlug opgemerk, met pyl en al.
Die jagter met die pyl en boog het getref maar nie gedood nie.
Die eend het dikwels wildbewaarders ontglip wat dit probeer vang.
Hy het ook kos vermy wat uitgesit is, met kalmeermiddels.
Selfs nette kon nie die eend vastrek nie.
‘n Maand later is die eend in ‘n visnet vasgevang.
Die pyl is verwyder en die wond gedokter.
Daarna het die veeartse die eend sy vryheid gegee.
Indien die eend soos sy helpers kon dink,
sou hy seker gewonder het hoekom hy so lank hulle hulp vermy het.
Hulle het hom juis sy vryheid gegee.
Dit laat ‘n mens dink aan die mense met wie die Here in Johannes 8 praat.
Hulle was ook traag om die erns van hulle situasie te besef en te aanvaar.
Hulle kon nie Christus se motiewe begryp nie.
Vir hulle het Hy gelyk soos iemand wat hulle gevange wou neem.
Hy wil hê dat hulle hulself aan Hom moet oorgee.
Hulle moes sy dissipels word.
Hy wil hulle geestelike gevangenes maak.
Hulle kon nie begryp deur aan Hom oor te gee,
sou hulle in der waarheid vry word nie! – Joh.8:33.
Is dit moontlik dat ons kan vergeet,
dat ware vryheid slegs in Christus is?!
Dit laat Paulus as’t ware uitroep:
“’n Slaaf wat deur die Here geroep is,
is immers ‘n vrygemaakte van die Here.”
1 Kor.7:22.
Leef vry!!
Verbonde aan Christus!!
Ernest