Deur blom en struik, wentel trap vir trap na bo,
na die uitkyk van God's venster, heel bo.
En dan deur die venster van my o?,
duisel die grootheid van God se skeppingsmag.
Die wonder van God se skeppingsprag.
Majestieus die rotswandemuur swygend stil.
Die kruin, met grasvelde bruin bekroon,
Die voet, met boom en bos; groen omsoom,
wat strek en uitstrek tot in die einder grou,
waar dit versmelt met koepel hemel blou.
Vanuit die dal, voor die afgrond by die venster,
troon 'n rots pilaar, swygend, enkel stil,
'n vinger wysend na die Skepper bo.