Langs God se troon sien hy die Lam daar staan.
Die Heer se boodskap het hy uitgedra.
Vir God se kinders die pad na die hemel te baan.
So het Stefanus die mense ook streng gemaan.
Teen hul gedrag van verraad en moord
en ongehoorsaamheid aan God se wet en woord.

Met sy aangesig op God se skitter troon.
Het mense klippe en stene op hom laat reën.
Op sy knie?, gesig na onder, het hy neer geval.
Smekend tot God; hul te vergeef en te seën.
Wyl klip op klip op sy liggaam val.
So het Stefanus dan gesterf.
God se heerlikheid te mag erf.