NAASTE LIEFDE
'Seun daar is u moeder, moeder daar is u seun.'
Die kruiswoord; bind mens aan mens met liefdesband.
So word u en ek gebind, met naaste liefde - hand aan hand.
DIE VOORSPRAAK
'Vader vergeef hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie.'
Met hierdie woorde, tree Hy in vir u en my as middelaar;
by die Vader, vergifnis en voorspraak vir elke sondaar.
DIE HEMELPOORT
'Vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.'
Dit bevestig; dat Sy Drie-enig naam.
Met enig almag, die weg na die hemel baan.
WAARAGTIG MENS
'Ek het dors'
Die kruiswoord; hy as waaragtig mens:
Die kruisdood sterf, Sy Vader se wil en wens.
VERSOENING.
'My God, My God, waarom het U My verlaat!'
Die uitroep, dat Hy as eensaam mens moet sterf.
Dat sondaars, u en ek, die ewig lewe mag verwerf.
GOD'S LIEFDE.
' Vader in U hande beveel Ek My Gees.'
Die kruiswoord; vir nou en altyd; God is getrou.
Ons lewens is altoos in Sy hande toegevou
DIE VOLEINDING.
'Dit is volbring.'
Die Heer bevestig; dat Sy versoeningsplan.
Die kruis, die graf, deel is van Sy skeppingsplan.